SUMMARY:
-
POSITION INFO:
FRONT OF HOUSE & ADMINISTRATIEWE BESTUURDER Ceres Karoo ’n Gasteplaas, geleë in die pragtige Ceres Karoo, is op soek na ’n professionele, vriendelike en betroubare persoon\/egpaar om deel te word van die bestuurspan. Die kandidaat sal verantwoordelik wees daaglikse gaste-ervaring, besprekings, administrasie, huishouding en algemene lodge-, selfsorg- eenhede- en kampterrein-bedrywighede. Hierdie persoon sal die eerste kontakpunt vir gaste wees en moet verseker dat elke gas vanaf die aanvanklike navraag en bespreking tot met vertrek ’n professionele en aangename ervaring geniet. SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE Bestuur van besprekings, navrae en alle gastekommunikasie. Koördinering van inklok-, uitklok- en opvolgprosesse. Verseker van uitstekende kliëntediens en gaste-ervaring. Daaglikse toesig oor huishoudelike personeel. Beplanning en bestuur van skoonmaakprogramme. Opstel van personeelroosters, verlof- en R&R-skedules. Opleiding, leiding en toesig van personeel. Ontwikkeling en implementering van inspeksie- en kwaliteitsbeheerprosesse. Bestuur van linne, skoonmaakmiddels en verbruiksgoedere. Gereelde inspeksie van lodge-, selfsorg- en gemeenskaplike fasiliteite. Identifisering en rapportering van instandhoudingsbehoeftes. Effektiewe kommunikasie tussen ontvangs, kombuis, huishouding, instandhouding en bestuur. Algemene administrasie, rekordhouding en verslagdoening. Verseker dat die lodge-, selfsorg- en gemeenskaplike fasiliteite deurgaans netjies, professioneel en gasgereed is. VEREISTES Uitstekende mense- en kommunikasie-vaardighede het. Sterk administratiewe, rekenaar en organisatoriese vermoëns het. Goeie aandag aan detail het. Kliëntediens en gasvryheid eerste stel. 3 Jaar ervaring in lodge-, hotel-, gastehuis- of gasvryheidsbestuur het. Têrsiere opleiding in gasvryheid of hotelbestuur sal in u voordeel tel Onder druk kan werk en verskeie take gelyktydig kan hanteer. Eie vervoer Bereid is om op ’n afgeleë plaasomgewing te woon en permanent teenwoordig te wees. EKSTRA INLIGTING Permanente verblyf op die plaas word vereis. ±130km vanaf Ceres Bestuurs-paar\/egpaar: Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir ’n egpaar om die twee poste gesamentlik te vervul – een met fokus op Gaste-ervaring & Administrasie en die ander op Instandhouding & Operasionele bestuur. Individuele aansoeke vir enige van die twee poste is welkom AANSOEK SLUITINGSDATUM: 6 SEPTEMBER 2026 Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Werwings-prosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013.