SUMMARY:
NG Kerk George-Suid en Heroldsbaai nooi geskikte kandidate uit om aansoek te doen vir 'n halfdagpos as Finansiële Beampte.
POSITION INFO:
Vereistes: - Graad 12 met minstens 10 jaar toepaslike ervaring; OF 'n Finansiële Diploma met minstens 3 jaar toepaslike ervaring. - Ten volle tweetalig (Afrikaans en Engels). - Goeie finansiële, administratiewe en kommunikasievaardighede. - Rekenaarvaardig, met gevorderde Excel-kennis. Kennis van Pastel sal 'n aanbeveling wees. - Geldige bestuurslisensie. Verantwoordelikhede: Die verantwoordelikhede sluit finansiële bestuur en verslagdoening, kantoor- en personeeladministrasie, gemeentekommunikasie en die instandhouding van kerklike registers in. Werksure: Maandag tot Vrydag, 07:30-12:30. Pakket: 'n Mededingende vergoedingspakket volgens kwalifikasies en ervaring word aangebied.