SUMMARY:
-
POSITION INFO:
HOOFSJEF & LODGE BESTUURDER Gatsrivier Lodge – Ceres Karoo ’n Eksklusiewe lodge, geleë in die pragtige Ceres Karoo, is op soek na ’n dinamiese en verantwoordelike Hoofsjef & Lodge Bestuurder om die span te lei en ’n uitstekende ervaring aan alle gaste te bied. Die kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volledige bestuur van die kombuis, gaste-ervaring en daaglikse lodge-operasies, terwyl die persoon self ook prakties deelneem aan die kombuis- en lodge-werk. SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE · Beplanning, voorbereiding en bediening van hoëgehalte maaltye. · Ontwikkeling van spyskaarte volgens gaste se behoeftes en operasionele vereistes. · Voorraadbeheer, aankope, bestellings en ontvangs van voorraad. · Effektiewe kostebeheer en beperking van vermorsing. · Bestuur van voedselkwaliteit, higiëne en voedselveiligheidstandaarde. · Leiding, opleiding en ontwikkeling van kombuis- en ondersteuningspersoneel. · Hantering van spesiale dieetvereistes en individuele gasteversoeke. · Verseker ’n warm, professionele en uitsonderlike gaste-ervaring. · Toesig oor die lodge se daaglikse bedrywighede en dienslewering. · Koördinering met ander departemente en personeel. · Administrasie, verslagdoening en operasionele beplanning. VEREISTES · Ervaring as Hoofsjef, Sjef, Lodgebestuurder of in ’n soortgelyke gasvryheidsposisie. · Sterk leierskap- en organisatoriese vaardighede. · ’n Passie vir kos, gasvryheid en uitstekende diens. · Kan selfstandig werk en goeie besluite onder druk neem. · Prakties en bereid om self in die kombuis en lodge te werk. · Goeie kommunikasie- en mensevaardighede. · Betroubaar, professioneel en energiek. · Hoë standaarde ten opsigte van netheid, higiëne en diens. · Goeie administratiewe en kostebeheer-vaardighede. · Geldige rybewys en eie betroubare vervoer. WERKSOMSTANDIGHEDE · Ligging: Ceres Karoo – ongeveer 130 km vanaf Ceres \/ ±1 uur 45 minute se ry. · Verblyf beskikbaar op die perseel. · Eie vervoer is noodsaaklik weens die afgeleë ligging van die lodge. AANSOEK SLUITINGSDATUM: 6 SEPTEMBER 2026 Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Werwingsprosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013